Vlaams (taalkunde)

Vlaams
Gepraat in: Vlag van België België, Vlag van Nederland Nederland, Vlag van Frankryk Frankryk 
Gebied: Vlaandere, Frans-Vlaandere
Totale sprekers: 6.5 miljoen[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Nederfrankies
    Nederlands
     Vlaams
Taalkodes
ISO 639-1: nl
ISO 639-2:
ISO 639-3: nld
Amptelike tale van België:      Nederlands,      Frans, en      Duits. Brussels is 'n tweetalige area waar beide Nederlands en Frans amptelike status geniet.

Vlaams kan 'n taalkundige begrip wees wat verwys na die taal van die Vlaminge, inwoners van Vlaandere, of 'n geografiese begrip wat na enige aspek van Vlaandere verwys, maar nie na die amptelike taal daarvan, wat uitsluitlik Nederlands is, nie. Dit word gebruik om na sekere nie standaarddialekte wat in Vlaandere gepraat word te verwys, en soms na Nederlands "soos dit in België gepraat word". Laasgenoemde gebruik, al is dit baie algemeen, is nie streng gesproke korrek nie.

Die veelvuldige definisies word baie keer gebruik en kan tot verwarring lei. 'n Mens sou verwag dat Vlaams 'n amptelike term vir die taal van die politiek en opvoeding in Vlaandere sou wees, maar daar is geen standaardtaal of kultuur met die naam nie. In België is die amptelike tale volgens die grondwet Frans, Duits en Nederlands, wat in die wetlike konteks na dieselfde Standaardnederlands (Algemeen Nederlands) verwys wat ook die amptelike taal van Nederland en Suriname is.

In teenstelling met lande waar die name van tale 'n meer suiwer beskrywende betekenisinhoud het, is dit in Belgiese taal die basis vir 'n lang politiese bevrydingstryd, wat verduidelik waarom soveel klem geplaas word op die korrekte terminologiese gebruik, sowel as die betrokkenheid van die regering in die bepaling van en definisie van standaard tale.

  1. "ATLAS - Dutch: Who speaks it?". University College London. Besoek op 26 November 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search